Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2023

Fossiel Heuwels Macgregor en ons vakansie daar

Prent
  Robertson se pragtige ou kerk. Hier het Dominees Robertson en McGregor amper twee eeue gelede hul deel gedoen. Al die pad van Skotland af! McGregor huisies, so mooi! Eseltjiesrus die donkie versorgingsoord Donkie aangedrewe toerustings Wyn vir die Pyn!!! Hier het die ou mense hulle parsings beplanning gedoen Toe lyk hulle so, kwaai ooms gewees! Fossil Hills se lieflike huise Die meubels is uniek! En nabye swem en roei dam. En oorkant die straat maak hulle wyn en jy proe dit sommer verniet ook. In die dorp, net so twee kilos weg, is die mooiste ou huise. Oorlede hotel? En die pragtigste ou kerk. En hier het die ou goggas en slakke baljaar, net so 120 miljoen jare gelede. Ons noem dit die Ecca formasie van die Karoo Supergroep. Die ander mooie huis. Alles perfek in dit. Die ou Blou Bulle kolf en slaan sesse! Totsiens vir nou, ons kom weer en gou ook!